Markte op Maandeinde – 09/2021

Monthly Market Update

September oorsig

Op 30 September kondig president Cyril Ramaphosa die skuif na vlak 1-inperkings aan. Dit bly belangrik om versigtig te wees aangesien die uitbreek van ’n vierde vlaag gedurende die Desember-tydperk ’n moontlikheid is.

Die Monetêre beleidskomitee (MBK) vergader op 23 September, waar hulle eenparig besluit om die repokoers onveranderd op 3,5% te hou, met die prima-koers op 7%. Die repokoers het 15 maande lank onveranderd gebly. Gegewe die toon van die laaste MBK-vergadering, word verwag dat die SARB die repokoers sal verhoog wanneer hulle later in November vanjaar vergader.

Die SA mark het in September gesukkel weens ’n terugtrekking in die hulpbronsektor, wat ’n verlies van 3,14% op die ALSI vir die maand tot gevolg gehad het. Hoewel Naspers ’n geringe wins behaal het, lei die onlangse onderprestasie van Prosus tot ’n 22% totale jaar-tot-datum daling vir die gesamentlike effek van die twee aandele. Sasol was egter ’n effense ligpunt in die situasie en het met 27% gestyg omdat hulle baat gevind het by die wêreldwye tekorte in die energie-sektor.

Die VSA gaan gebuk onder ’n derde golf van Covid, met die Delta-variant wat ’n toename in gevalle veroorsaak en tot meer hospitaliserings en sterftes lei. September was ’n moeilike maand vir globale markte, en die meeste markte het die maand in die rooi gesluit. Die Amerikaanse regering het daarin geslaag om ’n gedeeltelike stilstand ten minste tot 3 Desember te vermy.

China het alle transaksies met kripto-geldeenhede amptelik as onwettig verklaar. Dit volg nadat ’n oorspronklike besluit in 2019 om kripto-handel te verbied, gelei het tot ’n voortsetting van handel deur buitelandse verhandelingsplatforms. Die prys van bitcoin het met meer as $2000 gedaal ná die aankondiging deur China, maar het daarna herstel.

Verskeie lande (hoofsaaklik uit ontluikende markte) het begin om rentekoerse te verhoog om binnelandse inflasie-vrese te besweer, ​​en om te beskerm teen verdere valuta-swakheid.

Vrywaring:
Die bogenoemde inligting is slegs vir inligtingsdoeleindes, en nie advies soos gedefinieerd in die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste, 37 van 2002, nie. Alhoewel alle maatreëls geneem is in die voorbereiding van hierdie dokument, aanvaar RiG Adviesdienste (Pty) Ltd geen verantwoordelikheid vir enige optrede wat mag voortspruit uit hierdie dokument nie. Raadpleeg ons vir persoonlike advies gepas vir jou omstandighede. RiG Adviesdienste (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP nommer: 44730).


No Comments

Comments are closed.