Markte op Maandeinde – 06/2020

Monthly Market Update

Junie oorsig

Op 1 Junie het Suid-Afrika na vlak 3 van inperkings beweeg, wat die heropening van meer sektore van die ekonomie moontlik gemaak het. Markte het positief reageer en plaaslike aandele het goeie winste vir die maand behaal. Die JSE se indeks van alle aandele het die 2de kwartaal met meer as 26% gestyg – die grootste styging in 19 jaar.

Goudpryse het as gevolg van onsekerhede en onbestendigheid wat met die pandemie gepaardgaan gestyg. Die edelmetaal verhandel gevolglik op sy hoogste vlakke in 8 jaar.

Aan die einde van die maand het die minister van finansies, Tito Mboweni, ’n noodbegroting, wat ’n baie sombere prentjie van die Suid-Afrikaanse ekonomie geskilder het, in die parlement gelewer.

Wêreldwye aandelemarkte het aanhou herstel en ’n positiewe maandelikse prestasie vir die 3rde agtereenvolgende maand gelewer. Die S&P 500-indeks het in die 2de kwartaal met meer as 20% gestyg, sy grootste kwartaallikse toename sedert 1998. Hierdeur is byna al die verliese van die 1ste kwartaal van 2020 opgemaak.

Beleidmakers het wêreldwyd voortgegaan om in te gryp in ’n poging om die negatiewe gevolge van die COVID-19-pandemie op hul ekonomieë teë te werk. Die Amerikaanse Federale Reserwebank het rentekoerse op byna nul gehou.

Opkomende markte het in Junie beduidend beter as ontwikkelde markte presteer, en invloeie na portefeuljes in ontluikende markte het negevoudig toegeneem. Die grootste vloeie was na opkomen-de Asiatiese markte. Aangesien ontwikkelde mark-opbrengste tans onder druk is, het beleggers op soek na hoër opbrengste, meer riskante bates, soos opkomende mark aandele gekoop.

Terwyl ekonomiese aanwysers bemoedigende tekens toon, is daar steeds baie risiko’s en onsekerhede op die horison. Een hiervan is die potensiaal vir “fiskale moegheid”, veral in minder ontwikkelde lande, weens die feit dat baie van dié regerings nie veel langer hul buitengewone COVID-verwante finansiering kan volhou nie. Geo-politieke risiko’s is steeds aanwesig weens die volgehoue spanning in die VSA-China verhouding.


No Comments

Comments are closed.