Markte op Maandeinde – 11/2020
November oorsig
Daar was ‘n groot opskudding in die plaaslike beleggingsbedryf in November. Dit is veroorsaak deur ‘n omsendbrief wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank uitgereik is, waarin veranderinge in valutabeheerregulasies aangekondig is. Na ‘n week van baie bespiegelinge en verwarring onder beleggers, het die tesourie die omsendbrief opgeskort.
Die Reserwebank het op sy laaste vergadering van die monetêre beleidskomitee vir die jaar aangedui dat die dalende rentekoerssiklus tot ‘n einde gekom het en die repokoers vir die tweede agtereenvolgende keer onveranderd gelaat het.
Gedurende die maand het twee van die drie groot graderingsagentskappe, Moody’s en Fitch, SA se kredietgradering nog verder afgegradeer. SA sakevertroue het in die vierde kwartaal tot die hoogste vlak in meer as 2 jaar gestyg. Die BER se sakevertroue indeks het gestyg tot 40, van die laagste punt ooit van 5, in die tweede kwartaal. Hierdie bemoedigende oplewing in die sakestemming kan gedemp word deur die kommerwekkende toename in nuwe COVID-19-gevalle in SA.
November het begin met ‘n hoogs betwiste Amerikaanse presidentsverkiesing. Dit blyk seker dat Biden as oorwinnaar uit die stryd getree het, en Trump net die tiende president in die Amerikaanse geskiedenis is wat nie vir ‘n tweede termyn herkies is nie.
Markte het positief reageer op die nuus toe Pfizer aangekondig het dat hulle COVID-19-entstof in meer as 90% van die getoetste gevalle getoon het om COVID-19-infeksies te voorkom. Gedurende die maand het COVID-19-infeksies egter rekordvlakke bereik. Dit het beleggers se optimisme nie gedemp nie. Waarde-aandele het die lopie op die beurs in November gelei. Die verdienstes van maatskappye was steeds goed, terwyl ekonomiese data egter gemeng was. Produksie- en dienste-data in die VSA was ook beter as wat verwag is.
Die Dow Jones-nywerheidsindeks, wat ‘n groot deel van die jaar onderpresteer het, het gedurende die maand ‘n rekordhoë vlak behaal en vir die eerste keer in die geskiedenis die 30 000-kerf verbygesteek.
Vrywaring:
Die bogenoemde inligting is slegs vir inligtingsdoeleindes, en nie advies soos gedefinieerd in die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste, 37 van 2002, nie. Alhoewel alle maatreëls geneem is in die voorbereiding van hierdie dokument, aanvaar RiG Adviesdienste (Pty) Ltd geen verantwoordelikheid vir enige optrede wat mag voortspruit uit hierdie dokument nie. Raadpleeg ons vir persoonlike advies gepas vir jou omstandighede. RiG Adviesdienste (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP nommer: 44730).
No Comments