Markte op Maandeinde – 02/2021

Monthly Market Update

Februarie oorsig

Februarie het begin met proewe wat getoon het dat die AstraZeneca-entstof minder effektief kan wees teen die koronavirusvariant wat in Suid-Afrika gevind is, en die verspreiding van entstowwe is aanvanklik vertraag. Nadat die Johnson & Johnson-entstof teen die middel van die maand gearriveer het, kon die regering egter sy inentingsveldtog afskop.

President Cyril Ramaphosa het sy vyfde staatsrede gelewer waarin hy die herstelprogram vir Suid-Afrika uiteengesit het. SA se fiskale tekort en aansienlike hoë skuldvlakke bly kommerwekkend.  Dit maak die implementering van ekonomiese hervorming moeilik. Daar word beraam dat 701 000 mense hul werk in die vierde kwartaal van 2020 verloor het. Tito Mboweni het sy nasionale begrotingstoespraak op 24 Februarie gelewer. Markte het positief gereageer met die versterking van die rand en effekteopbrengste wat ’n paar basispunte gedaal het.

Globale beleggers het die maand vol optimisme begin met inentingsprogramme wat wêreldwyd goed vorder. Teen die einde van die maand is die lopie egter ietwat ontspoor deur ’n vinnige styging in effekteopbrengste. Een van die faktore wat bydra tot die skerp styging van die opbrengskurwe, is kommer oor inflasionêre druk. Met rentekoerse op ’n laagtepunt is beleggers bekommerd dat sentrale banke min ammunisie oor het om inflasie te bekamp.

Die voorsitter van die Fed, Jerome Powell, het hierdie verse probeer besweer en ’n akkommoderende houding gehandhaaf en dit duidelik gemaak dat die Fed met versagtende maatreëls sal voortgaan om ekonomiese herstel aan te spoor. Stygende inflasieverwagtinge in Februarie het hoër kommoditeitspryse breedweg ondersteun.

Die Amerikaanse tesourie-sekretaris het haar steun vir hierdie fiskale plan gewys en meer kommer oor werkloosheid as inflasie uitgespreek. Dit is nou ’n jaar sedert die eerste COVID-gedrewe inperkings-maatreëls in die meeste lande ingestel is, en ondanks die swakheid in die korttermyn, blyk dit dat ekonomiese herstel momentum bly behou.  Die meer rooskleurige groeivooruitsigte behoort die risiko-sentiment gedurende 2021 te ondersteun.

Vrywaring:
Die bogenoemde inligting is slegs vir inligtingsdoeleindes, en nie advies soos gedefinieerd in die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste, 37 van 2002, nie. Alhoewel alle maatreëls geneem is in die voorbereiding van hierdie dokument, aanvaar RiG Adviesdienste (Pty) Ltd geen verantwoordelikheid vir enige optrede wat mag voortspruit uit hierdie dokument nie. Raadpleeg ons vir persoonlike advies gepas vir jou omstandighede. RiG Adviesdienste (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP nommer: 44730).


No Comments

Comments are closed.