By RiG adviesdienste is dit vir ons belangrik om die volgende generasie adviseurs voor te berei om advies van hoogstaande gehalte aan ons gewaardeerde kliënte te bly bedien. Juis om dít te verseker bring ons ’n adviseursakademie tot stand waar studente reeds van jongs gementor word om goeie holistiese en geïntegreerde advies te gee.
Ons werk met kwalifikasies in beleggingsbeplanning- en bestuur, boedelbeplanning- en bereddering, belastingbeplanning en besigheidstrukturering in multi-dissiplinêre spanne saam om goeie internasionale ‘oorgrens’ (cross border) oplossings vir individuele kliënte en familiebesighede te ontwikkel.
Jong mense wat in die finansiële dienste bedryf wil werk en graag vanuit ‘n Christelike wêreldbeskouing advies wil gee is welkom om na ons uit te reik vir ‘n verkennende gesprek nadat hulle ons aanlyn aanbieding oor die akademie bygewoon het. Ons vereis ook dat belangstellendes ‘n verpligte oriënteringskamp in Oesterbaai bywoon om in aanmerking te kom vir die keuringsproses.
Kyk hier na die aanlyn aanbieding met vrae en antwoorde oor die adviseursakademie.
Opname van die Ontbytsake TV onderhoud met Dawie Roodt
Kort videosnit van Oesterbaai (met erkenning aan Cobus van Aswegen)
Kort inleidende video oor die adviseursakademie
Langer video oor die adviseursakademie
Kort inleidende video oor die Koninkryksadviseursbeweging in SA
Langer video oor die Koninkryksadviseursbeweging in SA
Vul die volgende vorm in om die registrasie-proses te begin vir die verpligte oriënteringskamp in Oesterbaai